Please choose your preferred language

English Afrikaans

Word ‘n Verskaffer

ONS FILISOFIE

Ons filosofie is redelik eenvoudig – ons gebruik nuwe tegnieke in biotegnologie om vel op ‘n vlak van optimale gesondheid te bring sodat dit bestand kan wees teen die proses van veroudering. Ons het ‘n langtermyn oogmerk en gaan nie kompromieë aan vir korttermyn resultate nie.

Esse is Ecocert organies gesertifiseer en PhyoTrade Africa en Vegan Society geakkrediteer. Die maatskappy is koolstof neutraal.

Opgesom, Esse is ‘n etiese handelsmerk gefokus op die resultate wat vereis word deur die professionele velsorg mark.

VOORDELE VIR JOU KLIËNT

Daar is wêreldwyd ‘n geweldige verbruikersgedrewe beweging na produkte wat vry van chemikalieë, maar steeds hoogs effektief is. Die natuurlike en organiese velsorg mark is steeds die snelgroeiendste segment in velsorg. Verbruikers is toenemend bewus van skadelike chemikalieë en vermy dit aktief.

Maar, om chemikalieë net te vermy is nie meer voldoende nie. Verbruikers soek voorpunt, teenverouderings produkte wat resultaat vir alle veltipes lewer. Hulle is ook toenemend sat van valse beloftes en leë aansprake.

Esse se doeltreffendheid is in verskeie onafhanklike toetse in Duitsland bevestig en geniet internasionale sukses. Dit word reeds dwarsoor die wêreld na 40 lande uitgevoer met besondere hoë verkope in Skandinawië en Noord-Europa.

ESSE BIED AAN JOU KLIËNT:

  • Voorpunt biotegnologie-georiënteerde velsorg
  • Effektiewe produkte vir alle veltipes en uitdagings, insluitend baie sensitiewe velle
  • Unieke teenverouderings aktiewe bestanddele wat lewende probiotika insluit
  • Gesertifiseerde etiese standaarde: organies, vegan, sonder wreedheid, billike handel en koolstof neutraal

ESSE BIED AAN JOU:

  • Die geleentheid om jou salon van mededingers te onderskei
  • Voortgesette innovasie en nuwe velsorg oplossings gebaseer op voortgesette navorsing op vel mikrobiome
  • Pasgemaakte bemarkingsondersteuning wat jou help om jou besigheid te laat groei
  • ‘n Reeks gerieflike, hoogs-buigzame, voortgesette opleidings geleenthede
  • Nuwe lewende probiotika gebaseerde protokol
  • Uitstaande diens
  • Aantreklike verkooppunt materiaal

Vir meer inligting hoe om ‘n Esse verskaffer te word, voltooi asseblief die onderstaande kontakvorm.