Please choose your preferred language

English Afrikaans

Waarom Probioties?

JOU VEL MIKROBES IS SO BELANGRIK AS JOU DERM MIKROBES

Uitvindings deur die Menslike Mikrobiome Projek het dit duidelik gemaak dat gesonde vel triljoene mikrobes huisves.1 Hierdie mikrobes dring diep in die velstruktuur in en werk saam met jou eie selle om die komplekse chemie wat jou vel stralend hou, uit te voer.2

Jou vel mikrobes is oorgeërf van jou ma en is gevorm deur miljoene jare van ko-ewolusie en jou huidige omgewing. Studies op die vel van jagters-versamelaars het aan die lig gebring dat die moderne leefstyl nie gunstig ten opsigte van vel mikrobes was nie. Daar word beraam dat meer as 30% van die mikrobiale vennote wat ons gehad het, verlore is.3 Bydraende faktore sluit in: oormatige gebruik van antibiotika, hoë getalle van keisersnieë en chemikalieë in kosmetiese produkte.4

Terug na die natuur

Velsiektes soos ekseem en aknee was bykans ongehoord in jagter-versamelaar gemeenskappe maar is nou wêreldwyd baie algemeen. Dalk is dit tyd om die kiemoorlog te beëindig en terug te keer na die natuur.

Saai en voer

Probiotika is lewende mikrobes wat goed is vir jou.

Probiotika kan die vel se ekologie skuif ten gunste van n diverse en harmonieuse ekosisteem wat gesond genoeg is om aanvalle van patogene te weerstaan en die impak van veroudering op die vel te verminder.5

Esse voer die vel met voordelige mikrobes wat kompeteer met pro-verouderings spesies en voed met prebiotiese nutriënte om mikrobes te selekteer wat die mikrobiale ekologie op die vel verbeter.

Ons gebruik ligte preserveermiddels ,sagte benatters en hou die pH van ons produkte tussen 4 en 5. Besondere aandag word ook gegee aan voorkoming van besoedeling van die vel se ekosisteem.Ons produkte is organies gesertifiseer deur Ecocert.

Ons glo dat bedagte produkte ‘n treë nader is na ‘n volhoubare en beeldskone toekoms.

Kyk die video

Verwysings

  1. Human Microbiome Project Consortium, 2012. Structure, function and diversity of the healthy human microbiome. Nature486(7402), pp.207-214.
  2. Nakatsuji, T., Chiang, H.I., Jiang, S.B., Nagarajan, H., Zengler, K. and Gallo, R.L., 2013. The microbiome extends to subepidermal compartments of normal skin. Nature communications4, p.1431.
  3. Clemente, J.C., Pehrsson, E.C., Blaser, M.J., Sandhu, K., Gao, Z., Wang, B., Magris, M., Hidalgo, G., Contreras, M., Noya-Alarcón, Ó. and Lander, O., 2015. The microbiome of uncontacted Amerindians. Science advances1(3), p.e1500183.
  4. Bouslimani, A., Porto, C., Rath, C.M., Wang, M., Guo, Y., Gonzalez, A., Berg-Lyon, D., Ackermann, G., Christensen, G.J.M., Nakatsuji, T. and Zhang, L., 2015. Molecular cartography of the human skin surface in 3D. Proceedings of the National Academy of Sciences112(17), pp.E2120-E2129.
  5. Maguire, M. and Maguire, G., 2017. The role of microbiota, and probiotics and prebiotics in skin health. Archives of dermatological research309(6), pp.411-421.

Wat is ‘n probiotika in velsorg?

In die voedsel industrie word n probiotikum omskryf as ‘n lewende mikrobe met gesondheids voordele. Probiotika in voedsel word gemeet in kolonievormende eenhede per milliliter ( cfu per ml ), dit verwys na die hoeveelheid mikrobes per milliliter van die produk wat begin groei en vermeerder wanneer die produk gebruik word.

In velsorg is die definisie van n probiotika meer kompleks.

Insluiting van lewende probiotika in konvensionele velsorgprodukte is oor die algemeen nie haalbaar nie. Meeste produkte bevat water en bygevoegde preserveermiddels om rakleeftyd te verleng. Hierdie preserveermiddels, soos hul naam aandui, vernietig mikrobes met die gevolg dat die cfu per ml zero is.

Daar is egter baie bewerings van probiotika insluiting in die velsorg industrie.

Hierdie bewerings word op verskeie maniere regverdig, dit wil voorkom asof dit op vier werksvlakke gebaseer is.

Vlak 1 – Hierdie produkte gebruik die “aftreksel“ van n mikrobiale sop. Die mikrobes word op ‘n substraat gegroei (sien dit as as ‘n waterige oplossing van mikrobiale nutriënte), die probiotiese mikrobes word dan af filtreer. Die “aftreksel“ is dan die oorblywende oplossing (dit bevat die produkte van die mikrobes). Dit word dan as bestanddeel in ‘n finale kosmetiese produk gebruik. Dit is wel moontlik om soms goeie velsorg resultate met hierdie tegniek te verkry. Dit word egter nie deur Esse as “probioties“ beskou nie.

Vlak 2 – Hierdie probiotiese ekstrakte word lysate genoem omdat die probiotiese selle gebars en ooglopend in die proses doodgemaak word. In hierdie tegniek word die probiotika weer in n voedingsryke substraat gekweek, in plaas van om dit af te filter, word die selle gebreek sodat die selinhoud uitlek voordat die mengsel gefilter word. Hierdie metode lewer ‘n “ekstrak“ wat die sitoplasma (selinhoud) van probiotiese mikrobes bevat. Esse volg hierdie metode in die meerderheid produkte en verwys (op die oomblik) na hierdie tipe bestanddeel as ‘n probiotika. Daar is wel handelsmerke met probiotiese aansprake, waar vlak 1 sowel as vlak 2 bestanddele in hul produkte gebruik word.

Vlak 3 – Met hierdie tegniek word die mikrobes heel gehoor, maar word deur hitte doodgemaak. Hierdie proses word tyndallisasie genoem. Die probiotiese kweking word verhit tot 60 ‘C en oor ‘n periode van drie dae afgekoel. Hierdie probiotika kan steeds op vel selle dok maar kan ooglopend nie groei en verdeel om die vel mikrobe merkwaardig te verander nie. Esse gebruik hierdie tegniek in die Ageless Serum en Toner Plus en verwys op die oomblik na hierdie tipe bestanddeel as probioties.

Hierdie drie vlakke van probiotiese aanvulling is relatief maklik om te lewer. Die bestanddeel word bloot aan die end van die vervaardigingsproses by die formulering gevoeg sonder werklike verandering in die preserverings sisteem of in die res van die produk.

Vlak 4 – Hierdie is die insluiting van lewende probiotika in die finale produk. Daar is ‘n paar uitdagings in hierdie proses. Eerstens sal die gebruik van ‘n preserverings sisteem die mikrobes doodmaak, die produk moet dus vry van preserveermiddels wees. Tweedens is dit buitengewoon moeilik om te verseker dat probiotika nie in die produksie proses doodgemaak word nie. Derdens is daar bergingsoorwegings vir die finale produk..indien die temperatuur te laag daal, sal die water in die probiotiese selle vries en, omdat water met vriesing uitsit, sal die selle se selmembrane breek en meeste van die selle sal doodgaan. Indien die temperatuur bo 40° C styg, sal die ensieme in die lewende selle begin denatureer en weereens sal die meeste van die probiotika sterf.

Esse het hierdie uitdagings oorkom en die Esse Probiotic Serum gebruik vlak 4 probiotika met een biljoen lewende probiotika per milliliter. Daar is drie verskillende Lactobacillus spesies in die simbiotiese mengsel. Esse het bewys dat die produk vry is van patogene en dat die mikrobes vir twee jaar na produksie tot groei instaat is.