Please choose your preferred language

English Afrikaans

Waarom Organies?

Esse is reeds in 2005 as organies gesertifiseer.

Ons hou nie van sintetiese chemikalieë nie en organiese boerdery is beter vir die planeet.

JOU VEL IS ‘N EKOSISTEEM… MOET DIT NIE BESOEDEL NIE

Oor die verloop van die laaste eeu het ons bewus geword wat die inpak van sintetiese chemikalieë op die wêreld om ons is. Ons weet nou dat komplekse ekostelsels nie op voorspelbare maniere op enkel chemikalieë reageer nie. Byvoorbeeld… wanneer DDT in n ekostelsel gespuit word om muskiete dood te maak, is dit suksesvol, maar daar volg dan onvoorsiene gevolge. Dekades na die verbod op DDT toets 99% van Amerikaners steeds positief op DDT residu in hulle bloedstroom. Jong dogters wat voor puberteit blootgestel is aan DDT, het n 5 maal groter kans om borskanker te ontwikkel, as volwasse vroue. Hoewel korttermyn doelwitte bereik is, is dit die langtermyn uitwerking wat die swaarste weeg.

Ons sien dat iets hiervan ook in konvensionele velsorg gebeur. ‘n Enkele chemiese bestanddeel word aan die vel gewend vir korttermyn resultate, sonder om die langtermyn konsekwensies ten volle te begryp.

Esse bly so na aan die natuur as moontlik en die Ecocert organiese standaard sorg dat ons nie daarvan afwyk nie. Hulle laat geen sintetiese chemikalieë, genetiese modifikasie of hormoon nabootsing toe nie. Uit ons oogpunt, ons voel nie dat hierdie standaarde enigsins ‘n beperking geplaas het op ons vermoeë om volhoubare teenverouderings resultaat te bied nie.

DIE AARDE IS ‘N EKOSISTEEM… MOET DIT NIE BESOEDEL NIE

Organiese boere gebruik geen sintetiese plaagdoders, onkruiddoders of kunsmis nie. Waterbane en grond word dus nie deur giwwe besmet nie. Dit beteken dan dat jy ook nie besoedel word deur residu van hierdie chemikalieë in jou produkte nie.

In kort, organiese boerdery is volhoubaar en doen minder skade aan die planeet. Dit is nie perfek nie maar is beslis baie beter as die huidige status quo.

‘n Persoon se vel het dikwels groter mikrobiale diversiteit as sy dermwan. Wetenskaplikes beskou vel nou ook as ‘n ekosisteem. Menslike selle en mikrobes leef saam en beide lewer ‘n bydrae tot optimale velgesondheid.

In 2015 is ‘n 3D kaart van menslike vel chemie vir die eerste keer gemaak. Studie deelnemers is gevra om die gebruik van alle persoonlike sorg produkte vir drie dae te staak om kontaminasie van resultaat te verhoed. Die voorspelling was dat die meerderheid van die vel chemie van mikrobiale oorsprong sal wees en die res van menslike oorsprong met ‘n klein, maar meetbare deel van omgewings chemikalieë.

Die resultaat het nie hierdie patroon gevolg nie.

Produkte van mikrobiale selle het inderdaad twee maal meer tot vel chemie bygedra as wat menslike selle bygedra het. Die verrassende bevinding was dat residu vanaf persoonlike sorg produkte 8% van die gemete chemie bygedra het.

Die langtermyn uitwerking van sintetiese chemikalieë op die vel is nog nie bekend nie maar dit lyk onwaarskynlik dat dit langtermyn verouderings uitkomste sal verbeter. Daarom het ons gekies om ons produkte organies te sertifiseer en om chemikalieë wat nie van nature voorkom nie, te vermy.

Klik HIER om die volledige studie te sien.