Please choose your preferred language

English Afrikaans

Velveroudering

Alhoewel veroudering onafwendbaar is kan die aanvang van velveroudering aansienlik vertaag word deur die maak van sinvolle leefstylbesluite en deur die gebruik van produkte wat die langtermyn gesondheid van die vel optimaliseer.

Kliënte spreek veroudering gewoonlik op twee maniere aan – plooi vermindering en vel verstewiging. Beide hierdie is verwant aan die struktuur van kollageen en elastien in vel wat ook weer deur ‘n reeks faktore beïnvloed word.

‘n Riglyn – indien jou bufferfunksie verswak en jou vel in ‘n inflammatoriese toestand is, verdubbel die tempo van veroudering. Gee dus aandag aan die optimalisering van velgesondheid voordat gepoog word om simptome te behandel.

 

LEEFSTYL OORWEGINGS

  • Probeer mikrobiale diversiteit handhaaf in beide vel en derm gesondheid. Eet onverhitte gefermenteerde kosse soos sauerkraut en kimchi en spandeer tyd in die natuur. Tuinwerk is uitstekend mits toksiese onkruiddoders of plaagdoders nie gebruik word nie. Neem n goeie gehalte opneembare probiotika en gebruik n probiotiese velsorg behandeling wat lewende stamme voordelige mikrobes, wat pro-verouderings spesies uitskakel, bevat
  • Essensiële vetsuur inname – 15 g vlassaad olie of 600mg langketting omega – 3 vetsuur (DHA of EPA) per dag
  • Verminder blootstelling aan vrye radikale – bedekking wanneer in die son is altyd ‘n eerste opsie maar, indien sonblok gebruik word, moet dit n minerale produk wees. Chemiese sonblokke genereer vrye radikale wanneer dit aan UV blootgestel word, spoed van veroudering word versnel
  • Handhaaf gelykmatige bloedsuiker vlakke deur die eet van “whole foods“
  • Neem aanvullings van spoor minerale – maak seker dat koper en sink gebalanseerd is. Koper word soms uit aanvullings uitgelaat omdat dit naarheid veroorsaak terwyl sink gewoonlik in hoë dosisse ingesluit word. Hierdie twee minerale kompeteer vir ‘n gemeenskaplike plek van opname en dit lei dikwels tot koper tekorte. Koper is nodig vir kollageen en elastien vervaardiging