Please choose your preferred language

English Afrikaans

Sensitiwiteit

Meer as die helfte van die Amerikaanse bevolking maak aanspraak op sensitiewe velle. Hierdie statistieke kom ook in ander eerste wêreld lande voor. Na ons mening is dit n vingerwysing na die produkte wat mense gebruik en hoe vel gesien word.

Neem in ag dat ‘n reaksie teenoor parfuum, shampoo, opknapper of skoonmaakmiddels kan voorkom.

Sensitiwiteit toon as rooiheid nadat die produk aangewend is. Vel is geneig om op te vlam, reageer sterk onder spanning en maak maklik merke en letsels.

 

LEEFSTYL OORWEGINGS

  • Vermy growwe afskilferaars
  • Gebruik nie – drogende maskers
  • Vermy oormatig warm baddens of storte en wend vogroom aan direk na bad of stort
  • Stel groot dele van jou lyf weekliks aan matige son bloot. Bedek met fisiese sonbeskerming
  • Neem ‘n omega-3 aanvulling met ten minste 400 mg langketting omega – 3 vetsure (DHA en EPA) Maak seker dat daar nie ‘n visolie allergie bestaan nie – simptome daarvan sluit gesigswelling en uitslag in
  • Neem ‘n hoë gehalte opneembare probiotika en wend ‘n probiotiese velsorg behandeling aan wat lewende stamme voordelige mikrobes bevat om die velbuffer te verbeter
  • pH van alle produkte moet 4,5 wees
  • Vermy oormatige inname van koffie en alkohol
  • Vermy droë lugverkoelde atmosfeer