Please choose your preferred language

English Afrikaans

Pigmentasie

Vel pigmentasie ontstaan weens onreëlmatige neerslag van melanien in die vel.

Hierdie faktore kan geneties van aard wees of kan geaktiveer word deur eksterne en meer beheerbare omstandighede. Melanien word deur melanosiete in die vel gedeponeer. Die gesondheid van melanosiete is die sleutel tot bykans alle pigmentasie kwessies.

Pigmentasie probleme kan verdeel word in hipopigmentasie (ligte vlekke) en hiperpigmentasie (donker vlekke). Die vlekke kan groot wees (bv vitiligo) of dit kan skaars merkbaar wees. Daar is meer as 70 verskillende pigmentasie afwykings.

UV is ‘n verswarende faktor maar n Vitamien D tekort moet nie buite rekening gelaat word nie. Vitamien D vlakke is gevaarlik laag in ‘n groot persentasie van die bevolking vanweë binneshuise leefstyle. ‘n Bietjie sonblootstelling is noodsaaklik vir algemene gesondheid en velgesondheid. Dit mag teenstellend klink maar 15 minute direkte sonblootstelling oor jou lyf, n paar maal per week, is gesond.

Medikasie, reaksie op chemiese blootstelling en hormonale verandering kan ook aanvanklike snellers wees.

 

LEEFSTYL OORWEGINGS

  • Gereëlde lae vlak sonblootstelling met die aangetaste dele bedek.
  • Mondelikse Vitamien D aanvulling indien vlakke laag is
  • Essensiële vetsuur inname – 15g vlassaad olie per dag of 400mg langketting omega – 3 vetsure (DHA en EPA)
  • Daaglikse vitamien C aanvulling (400 mg)
  • Herevalueer jou eetpatroon – skakel oor na n hoë vesel, lae suiker, vars produkte dieët
  • Vermy fotosensitiserende bestanddele in grimering, velsorg en haarsorgprodukte