Please choose your preferred language

English Afrikaans

Oogarea

Die vel rondom die oogarea is verskillend van die van die res van die gesig en benodig spesifiek geformuleerde produkte. Die vel is meer delikaat en vatbaar vir pofferigheid en gebreekte haarvatjies. Dit lei tot donker kringe onder die oë en vroeë ontwikkeling van fyn lyntjies. Sekere bestanddele kan hierdie probleme effektief aanspreek.

 

LEEFSTYL OORWEGINGS

  • Moenie die oogarea vryf nie omdat die vel delikaat is en maklik beskadig. Druk produkte aan eerder as om dit in te vryf
  • Maak seker dat enige bevogtigings produk wat aangewend word, spesifiek vir die oogarea geformuleer is. Die vel rondom die oogarea absorbeer produkte baie effektief en sterk preserveermiddels en ander skadelike bestanddele kan skade veroorsaak
  • Gebruik ‘n spesiaal geformuleerde oog skoonmaker om ooggrimering te verwyder of om die oogarea te reinig
  • Gebruik ‘n goeie gehalte omega aanvulling
  • Vul jou dieet aan met kosse ryk aan niasien (Vitamien B3) –patats, soetpatats, botterskorsie, okra, mielies, ertjies, witwortel en pampoen is almal goeie bronne