Please choose your preferred language

English Afrikaans

Olierigheid

Olierige vel kan die tekens van veroudering langer weerstaan maar oormatige olie kan ‘n impak op velgesondheid hé.

Baie mense dink dat hul vel olierig is en Terapeute vind dit soms moeilik om hulle te oortuig dat om die vel te stroop, nie die beste benadering is nie.

Gesonde mikrobes op die vel verbruik oortollige olie, daarom moet hierdie voordelige bakterieë opgepas word. ‘n Vel wat regtig olierig is vertoon effe verdik met oop porieë. Grimering hou nie goed nie en swartkppies, vlekke en verstopping is algemeen.

 

LEEFSTYL OORWEGINGS

  • Behou die suur-mantel – gebruik pH gebalanseerde produkte (pH 4,5)
  • Verhoed die stroop van die vel se natuurlike buffers. Vermy dus produkte wat alkohol of skerp reinigers bevat. Klei-basis maskers en reinigers word aanbeveel om verstopping uit te trek en sagkens af te skilfer.
  • Drink ten minste 250 ml water per 10 kg liggaamsmassa daagliks – bv.as jy 60 kg weeg moet jy 1.5 liter water per dag drink
  • Sommige tipes voorbehoedmiddels bevat hoë vlakke androgene, ondersoek die moontlikheid van ‘n tipe wat gebaseer is op estrogeen