Please choose your preferred language

English Afrikaans

Droogheid

Twee sleutelfaktore bepaal droogheid nl die vlak van olie op die vel en die volledige uitvoer van die vel se bufferfunksie. Beide hierdie faktore bepaal die tempo van Trans Epidermal Water Loss (TEWL) – die tempo waarteen water deur die vel verdamp.

Vel is dinamies en reageer op sy omgewing. Wanneer produkte hoog in olie wat nie die vel penetreer nie, aangewend word, reageer die vel deur die hoeveelheid sebum wat dit vervaardig, te verminder. Dit beteken dat wanneer jy ophou om die room aan te wend, jou vel vir ‘n paar dae droog sal wees terwyl dit weer begin om sy eie sebum te vervaardig. ‘n Paar dae van droeë vel is die moeite werd terwyl die vel sy afhanklikheid van okklusiewe olies verbreek.

Twee tipes droë vel word onderskei – lipied droog en ontwater. Daar is dikwels ‘n skakel tussen die twee, maar word terwille van diagnose, hier geskei.

Lipied droë vel bevat min olie en vertoon dof. Dit kan skurf en skilferig vertoon en voel styf na reiniging. Fyn haarvatjies is algemeen en milia kan op die wangbeen en oogarea voorkom. Fyn lyntjies vertoon prematuur.

Ontwaterde vel is styf, vertoon fyn lyntjies en verouder prematuur. Dit reageer maklik op ekstreme klimaatstoestande.

 

LEEFSTYL OORWEGINGS

  • Neem ‘n omega-3 aanvulling met n langketting omega-3 vetsuur van tenminste 600mg (DHA en EPA) en vermy ‘n vetvrye dieët – eet gesonde lipiede vanaf sade en neute
  • Gebruik ‘n ruim hoeveelheid vogroom (albaster grootte) en verseker dat dit groente-olies bevat wat absorbeer kan word en nie petrochemiese olies nie
  • Vermy die gebruik van koekies seep op die lyf of gesig – gebruik ‘n matige pH gebalanseerde stort gel of verkieslik, ‘n reinigings room
  • Dra ‘n hoed wanneer in die son
  • Gebruik produkte wat Hyaluronsuur bevat
  • Neem ‘n goeie gehalte opneembare probiotiese aanvulling en gebruik ‘n probiotiese velsorgbehandeling wat lewende stamme van voordelige mikrobes bevat om die vel se bufferfunksie te verbeter en TEWL deur die veloppervlak te verminder.