Please choose your preferred language

English Afrikaans

Aknee

Aknee is ‘n komplekse kondisie en kan verskeie oorsake hé. In ekstreme gevalle sal medikasie nodig wees maar oor die algemeen kan die vel gebalanseer word deur normale bevolkings van vel mikroflora te herstel. Herstel kan bereik word deur enkele basiese leefstylkeuse veranderinge en deeglike aandag aan die keuse van velprodukte.

 

LEEFSTYL OORWEGINGS

  • Instandhouding van die suur mantel – maak seker dat alle velsorgprodukte pH gebalanseerd is op 4,5
  • Eet gefermenteerde kosse soos saurkraut en kimchi om die mikrobiese diversiteit in die derm te verbeter
  • Neem ‘n goeie gehalte opneembare probiotiese aanvulling met topikale, lewende probiotika om die spesies wat aknee veroorsaak, uit te skakel.
  • Gebruik sagte defoliante en vermy skerp, harde eksfoliators. Verdikte vel is ‘n oorsaak van puisies maar eksfoliasie bied nie ‘n langtermyn oplossing nie omdat die vel net sal reageer met vinniger selverdeling op basale selvlak.
  • Vermy uitdrogende reinigers en toners met alkohol – beide het n impak op die gesondheid van die vel se natuurlike mikroflora.
  • Aknee velle maak maklik merke en hierdie merke moet korrek hanteer word om te verseker dat dit nie permanent is nie.
  • Dra ‘n hoed in die son.