Please choose your preferred language

English Afrikaans

Ons Verhaal

IN KORT

Optimale vel kondisie is afhanklik van die probiotiese mikrobes wat daarin en daarop leef. Sonder mikrobes kan jou vel nie sy basiese funksies verrig nie en die tempo van velveroudering verhoog drasties.

Esse skep ‘n omgewing op die vel wat gunstig is vir die groei van voordelige mikrobes. Hulle gebruik prebiotika om selektief goeie mikrobes te voed en sluit LEWENDE probiotiese mikrobes in twee van die serums in om funksionele verandering aan die vel se mikrobiome te maak. Esse glo nie daarin om vel te beskadig in die najaag van korttermyn resultate nie. Hulle optimaliseer velgesondheid om veroudering op die langtermyn te vertraag.

Sedert ons ontstaan bly ons getrou aan ons kernbeginsels: Ons is organies gesertifiseer, vegan en sonder wreedheid. Ons ondersteun regverdige handel en is ‘n koolstofneutrale maatskappy.

DIE STIGTER

Trevor Steyn het in organiese chemie studeer en ontvang sy Meesters Graad in 1996. Sy mentor, Professor Siegfried Drewes skep by hom ‘n passie vir die chemie van Afrika se plante. Nadat hy die potensiaal van sommige van die plante in velsorg ontdek het, formuleer en stig hy Esse. Esse begin in 2000 met navorsing in Kigelia aficana, die Afrika worsboom. Na twee jaar van formulering ,is Esse in 2002 gebore.

Trevor is passievol omtrent vel mikrobiome, volhoubare lewe en behoud en bewaring van Afrika se biodiversiteit. Hy is ‘n branderplankryer, speel muurbal en beoefen joga. Hy woon saam met sy vrou en kinders op ‘n plaas in Richmond ,Suid-Afrika. Hy som dit so op: “Ek sal wil deel wees van die skep van n mooi, onbepaald volhoubare toekoms. Esse sal volhard om meer effektiewe en meer volhoubare produkte te ontwikkel.”

GESKIEDENIS

Esse beteken “om te wees” in Latyns.

Die handelsmerk vestig homself aanvanklik in die opkomende organiese velsorg mark in Suid-Afrika.

In 2009 begin die maatskappy oorskuif na probiotiese velsorg. Vroeë bevindinge van die Menslike Probiome Projek veroorsaak ‘n verskuiwing in die konvensionele opinie rondom die vel en Esse begin om vel te sien as ‘n ekologie van menslike en mikrobiale selle. Hieruit begin die proses om die nuwe sienings in die formulering van hul produkte te inkorporeer.

Die maatskappy vors aktief die toepassing van nuwe probiotiese spesies en metodes om veroudering te beveg en velgesondheid te optimaliseer, na.