Please choose your preferred language

English Afrikaans

Ons Etiek

ORGANIES GESERTIFISEER

Esse het sedert sy ontstaan ingeskakel by Ecocertorganic standaarde. Ecocert dwing minimum organiese persentasies af en verbied bestanddele wat hulle as onveilig of onvolhoubaar beskou. Hulle oudit ons produksie fasiliteit en verseker volle opspoorbaarheid van alle grondstowwe.

Ecocert reguleer die verpakking wat ons gebruik. Hulle verseker dat die materiaal wat gebruik word verbruikers veilig is en nie met verloop van tyd in die produk sal lek nie. Hulle hou ook toesig oor die herwinbaarheid van die verpakkingsmateriaal.

WREEDHEID VRY

Ons toets nie ons produkte op diere nie en gebruik geen bestanddele van verskaffers wat dit wel doen nie. Daar is ander alternatiewe as om diere in navorsing te gebruik. Ons produkte word op menslike vrywilligers getoets. Hierdie resultaat het bewys dat Esse produkte vel minder irriteer as wat gedistilleerde water doen.

Esse het ook aangesluit by PeTA se wreedheidsvrye maatskappy program en ons is ‘n geakkrediteerde wreedheidsvrye maatskappy op PeTA.org.

People for the Ethical Treament of Animals (PeTA) is in 1980 gestig en is daaraan toegewy om diereregte daar te stel en te beskerm. Hulle is ‘n internasionale nie-winsgewende welsyns organisasie gebaseer in Norfolk ,Virginia, met wêreldwye affiliasies. PeTA is die grootste diereregteorganisasie ter wêreld.

VEGAN

Esse is geakkrediteer by The Vegan Society. Dit beteken dat geen produkte van dierlike oorsprong in ons reeks gebruik word nie.

Met die opkoms van treffende bemarkings segswyses soos “humane farming“ en “caring for animals“ wat toenemend op diereprodukte verskyn, word die doodmaak van diere vir menslike voordeel goedgepraat. Ons ondersteun nie die gebruik van ENIGE diereprodukte in ons velsorg reekse nie… selfs nie eers byewas nie .

KOOLSTOF NEUTRAAL

Esse streef jaarliks om sy koolstofvrystellings te minimaliseer. Energie verbruik word jaarliks geoudit om te verseker dat ons so doeltreffend is as wat ons kan en om deurlopend te verbeter. Ongelukkig is niemand perfek nie, daarom koop Esse koolstofkrediete om die maatskappy se koolstofvrystelling te verreken. Meer inligting rakend ons gekose koolstof verrekeningsprogram hier.