Please choose your preferred language

English Afrikaans

Cream Cleanser

VIR ALLE VELTIPES

Esse Cream Cleanser verwyder onsuiwerhede en grimering sagkens en doeltreffend. Dit verbind met onsuiwerhede en kan dan maklik afgespoel word. Jojoba Olie hou die vel bevogtig tydens reiniging.

100ml / 200ml

Mikrobiome:
Daar is 'n komplekse ekosisteem van lewende mikrobes op die oppervlak van die vel. Die metode van velreiniging is een van die belangrikste bydraende faktore om 'n gesonde mikrobiese omgewing te verseker. Die insluiting van ultra-matige benatters stroop nie die natuurlike lipied beskermingslaag van die vel nie en versteur nie die vel mikrobes nie. Ons verseker dat die pH ooreenstem met die natuurlike vel pH wat gunstig vir goeie mikrobes is. Skerp reiniging stel die vel bloot aan nie – voordelige mikrobes wat veroudering versnel.Aktiewe Behandeling:
Marula Olie – los olie-basis onsuiwerhede op sonder om die vel te stroop.
Aloe Vera bevat kalmerende en genesende eienskappe wat die produk by uitstek geskik maak vir meeste sensitiewe velle.
Jojoba Olie laat die vel verfyn en glad en is dus ideaal vir 'n vel wat geneig is tot droogheid.
Palmarosa, Karwy en Roosmalva bring anti-septiese eienskappe en 'n verfrissende groen geur.
Vorm 'n skuim met warm water, masseer met ligte bewegings oor die gesig en décolleté.Spoel deeglik af. Druk droog.
Aspalathus Linearis (Rooibos) Leaf Extract*, Glycerin**, Simmondsia Chinensis (Jojoba) Seed Oil*, Decyl Glucoside, Cetearyl Alcohol, Sclerocarya Birrea (Marula) Seed Oil, Glyceryl Stearate, Cetyl Alcohol, Xanthan Gum, Aloe Barbadensis (Aloe Vera) Leaf Extract*, Pelargonium Graveolens (Rose Geranium) Oil*, Sodium Phytate, Cymbopogon Martini (Palmarosa) Oil*, Citric Acid, Carum Carvi (Caraway) Oil, Benzyl Alcohol, Ascorbyl Palmitate, Dehydroacetic Acid, Tocopherol, Helianthus Annuus (Sunflower) Seed Oil, Mentha Viridis (Spearmint) Leaf Oil*, Linalool***, Citronellol***, Geraniol***, Limonene***